PETRE SE TAMBOESIES
Op my manier, vir wanneer daar iets vinnigs aanmekaar geslaan moet word.
- 1 rolletjie blaardeel
- geklitste eier
Rol die deeg bietjie uit om net 12 sirkels uit te druk.
Smeer met eier, plaas op ‘n voorbereide bakplaat en bak tot goudbruin op 180°C ongeveer 15 minute.
Laat afkoel en sny middeldeur.
- Vulsel:
- 250 ml houertjie room
- 1 pakkie kitspoeding (ek gebruik of Caramel of Butterscotch)
Meng kitspoeding en room tot styf.
Spuit op onderste laag van blaardeeg en druk boonste laag op.
- Roomkaasversiersel:
- 60 g margarien/botter
- 250 g versiersuiker
- 1 teelepel vanieljegeursel
- Ekstra:
- 125 ml roomkaas
Meng tot romerig. Voeg die roomkaas by en roer stadig deur tot glad.
Sit in vrieskas vir paar minute tot styf.
Spuit roomkaas bo-op tamboesie en versier.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld