PETRE SE ROYAL CREAMS
Ek het die oorspronklike resep so ‘n bietjie verander… hier is soos ek dit gemaak het.
- Deeg:
- 500 g kunsbotter, geklits tot lig en romerig
- 2 teelepels vanieljegeursel
- 1 koppie versiersuiker
- 4 koppies koekmeel
- 1 koppie vlapoeier
- knypie sout
Voorverhit oond tot 140 °C. Verroom kunsbotter en vanieljegeursel vir twee minute tot lig en romerig.
Voeg versiersuiker by en klits vir ‘n verdere vier minute. Voeg res van bestanddele by en meng goed deur.
Indien deeg te slap is, voeg nog meel by. Vorm koekies na smaak en bak teen 140 °C vir ongeveer 15 minute.
Wenk:
Ek het die deeg deur die meul gesit en die koekies met ‘n mosterdblikkie afgedruk.
- Vulsel:
- 120 g kunsbotter
- 2 koppies versiersuiker
- ½ teelepel vanieljegeursel
Klits tot lig en romerig. Smeer koekies en plak opmekaar.
Voorstel:
Dalk kan die vulsel vir afwisseling met ‘n ligte suurlemoenvulsel vervang word.
Resep en fotos: Petré van Jaarsveld