Your Recipe Blog

PETRE SE OLYF TAPENADE

PETRE SE OLYF TAPENADE

  • 1 kg klaar verwerkte ontpitte olywe
  • 1 medium ui, grof gekap
  • 2 knoffelhuisies
  • 1 klein bossie platbaar pietersielie
  • 3 stingels vars oreganum blare
  • 1 stingel vars roosmaryn blare
  • 1 klein bossie koljanderblare
  • 3 basiliekruidblare
  • ¼ koppie rooiwyn
  • ¼ koppie Sweet Chilli sous
  • ¼ koppie olyfolie
  • grofgemaalde swartpeper
  • ½ teelepel rooipeper
  • ½ teelepel fyn komyn
  • ¼ koppie asyn

Plaas alles in ‘n voedselverwerker en verpulp.
Skep oor in ‘n kastrol, verhit en bottel warm.
Bedien op tuisgebakte brood met songedroogde tamaties (ongelukkig het ek nie gehad nie) en gekrummelde Feta kaas.

Resep geplaas deur Petré van Jaarsveld
Foto: Petré van Jaarsveld

2 Reviews

  1. Stephanie Coetzee

    Goeie dag vir hoe lank na tapenade gebottel is kan dit op die rak wees en moet dit gewater bad word.

    Star
    • Hi Stephanie
      Ongelukkig lewe Petre nie meer sodat ons hom direk kon vra nie. Nee dis nie nodig vir waterbad nie. Wanneer jy seker maak alles is warm en gesteriliseer, kan dit op die rank bly totdat jy dit oopmaak dan moet dit yskas toe, maar dit is so lekker ek glo dit gaan nie lank op die rak bly nie 🙂
      Groetnis

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page