Your Recipe Blog

PETRE SE LEMOENKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min.

PETRE SE LEMOENKOEK

Dit was dan ook my heel eerste koek wat ek op 15 jarige ouderdom gebak het (43 jaar gelede) ook die eerste keer wat ek met ‘n oond gewerk het. Ek wou my ma hulle treat vir wanneer hulle van die werk af kom, ek het net bak gesien en nie die grade nie, die oond op bak gestel en die koek was binne 10 minute gaar met ‘n klomp rook wat by die deur uitborrel. Ek het die koek laat afkoel, uitgegooi  en nog ‘n rukkie laat staan en toe versier. Die aand was die koek gesny, mooi stewig en sommer crispy buite om met ‘n klomp rou deeg wat uit die koek loop 🙂  Nou ja… daar was nie koek geeet nie. Daarna het ek darem geweet hoe ‘n oond werk.

  • 3 koppies koekmeel
  • 1 ½ koppies suiker
  • 3 hoogvol teelepels bakpoeier
  • 3 eiers
  • ½ teelepel sout
  • 1 koppie kookolie
  • sap en fyn gerasperde skil van 1 lemoen
  • 1 ½ koppies melk

Plaas alles in een bak en klits met elektriese klitser op vinnige spoed vir 3 minute.
Verdeel beslag in 2 voorbereide panne en bak teen 180°C vir 30 minute.

  • Lemoenversiersel:
  • 125 g sagte botter
  • 4 koppies versiersuiker
  • 10 ml fyn gerasperde lemoenskil
  • 100 ml lemoensap
  • 1 koppie Cremora verromer

Room botter, versiersuiker, Cremora en skil saam tot romerig.
Voeg genoeg sap by om versiersel romerig, lig en smeerbaar te hou.

Foto en Resep: Petré van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page