PETRE SE LEKKER VRUGTEKOEK
Resep en foto: Petré van Jaarsveld
- 1,3 kg vrugtekoekmengsel
- 400 g rooi glanskersies
- 250 g ontpitte dadels, grof gekap
- 250 g gemengde neute
- 1 flessie groenvye, gekap
- 15 groterige stukke maketaan, fyn gekap
- 1 koppie bosbessies (cranberries)
- 250 ml brandewyn
- 500 g botter
- 500 ml sagte bruinsuiker
- 10 ekstra groot eiers
- 10 ml vanieljegeursel
- 10 ml karamelgeursel
- 60 ml lemoenmarmelade
- 4 koppies koekmeel
- 2 ml sout
- 5 ml neutmuskaat
- 10 ml fyn kaneel
- 10 ml gemengde speserye
- 10 ml fyn gemmer
- 125 ml brandewyn om agterna oor te sit
- Meng al die vrugte met 1 koppie brandewyn en laat week oornag.
- Voer 2 vierkantige 20 cm-koekpanne met 2 lae waspapier en 2 lae bruinpapier. (ek sit nog tinfoil ook tussenin) Spuit of smeer goed en hou eenkant.
- Klop botter en suiker saam tot romerig.
- Voeg eiers een-vir-een by en klop goed na elke byvoeging. (Ek voeg ‘n teelepel koekmeel met elke eier se toev9eging by. Dit help dat die mengsel nie skif nie)
- Voeg die geursels en marmelade by.
- Sif meel, sout en die speserye saam.
- Voeg vrugte by droë bestanddele en meng goed sodat al die vrugte met dit bedek is.
- Meng bottermengsel by en meng goed.
- Skep beslag in gesmeerde panne en bak ongeveer 2 ¼ ure in voorverhitte oond by 140°C.
- Giet 125 ml brandewyn dadelik oor elke koek sodra dit uit die oond kom.
- Laat koeke heeltemal in die panne afkoel, haal uit en verpak.
Category:

