PETRE SE KLEINMAAT PANNEKOEK
Regtig een van die maklikste en lekkerste kleinmaat pannekoek resepte wat ek nog gebak het – hierdie resep bak so ongeveer 10 pannekoeke, hang af van die grote van jou pan – Rina Kleinhans
- 1 koppie koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- 2 eiers
- 2 ml sout
- 200 ml melk
- 175 ml water
- 5 ml suurlemoensap
- 125 ml kookolie
Klits melk, eiers, water, suurlemoensap saam.
Voeg res van bestanddele by en meng goed.
Laat ‘n rukkie staan.
Bak in ‘n warm pan, soos mens pannekoek bak.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld
Foto 2: Emmie Cronje
Ek het hierdie pannekoek vanoggend aangemaak en nie olie gehad nie, en toe Suurlemoen gegeurde avokado olie gebruik. Dit was baie lekker. Al wat ek aan die resep verander het, was om die olie met gegeurde olie te vervang.