Your Recipe Blog

PETRE SE KLAPPER- EN RUMPOEDING

Recipe by
Cook: 30 - 45 minute

PETRE SE KLAPPER- EN RUMPOEDING

Het die resep by iemand gekry. Weet nie waarvandaan dit kom nie. Het hier en daar ‘n bietjie aanpassings gedoen.
(Basiese resep vir Bruinpoeding wat ‘n bietjie aangepas is)

  • 1 ½ koppie koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 teelepel koeksoda
  • knippie sout
  • ½ koppie suiker
  • 1 koppie klapper
  • 1 koppie melk
  • 1 groot eier
  • 1 eetlepel fyn appelkooskonfyt
  • 1 eetlepel asyn
  • ½ teelepel rumgeursel (ek het 1 eetlepel strohrum gebruik)
  • Sous:
  • 1 koppie suiker
  • 1 ½ koppies melk of ideal melk
  • 125 g botter/margarien
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 25 ml (1 tot) strohrum, opsioneel

Voorverhit die oond tot 180°C.
Smeer/spuit ‘n oondvaste bak. Los die koeksoda in die melk op. Hou eenkant.
Klits die eier en suiker saam tot goed gemeng.
Voeg die appelkooskonfyt asook die asyn by.
Sif die droë bestanddele saam en voeg dit beurtelings met die melk en koeksodamengsel by die eiermengsel.
Voeg die klapper en die rumgeursel by en meng goed.
Bak ongeveer 30 tot 45 minute of totdat die toetspen skoon uit kom.
Meng al die bestanddele behalwe die strohrum vir die sous oor lae hitte totdat die botter gesmelt is.
Kook vir 5 minute lank. Voeg die rum by en roer goed deur.
Steek poeding vol gaatjies wanneer dit uit die oond kom en giet die warm sous oor die warm poeding.

Resep en foto: Petré Van Jaarsveld
Hoof foto: Annelie Kruger

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page