Your Recipe Blog

PETRé SE KITSPOEDING-TERT

PETRé SE KITSPOEDING-TERT

  • 1 houertjie room, styf geklop
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 1 houertjie roomkaas
  • 1 pakkie vanielje kitspoeding
  • Kors:
  • 1 pakkie Mariebeskuitjies
  • 2 eetlepels suiker
  • 1 teelepel fyn kaneel

Meng kondensmelk, roomkaas en kitspoeding met styfgeklopte room.
Meng die kors bestanddele in voedselverwerker tot fyn.
Smelt 125 g margarien en gooi beskuitjiemengsel daarby. Meng goed.
Druk beskuitjiemengsel in koekpan of tertbord.
Skep kitspoeding mengsel in die kors en sit in yskas tot goed gestol.

Nota:
Vir versiering het ek ingelegde perskes bo-op gepak en 1 houertjie room met ‘n bietjie suurlemoensap en kitspoeding styfgeklop.

Foto:  Petré Van Jaarsveld‎

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page