PETRÉ SE KERRIE KOOL
Dit is heerlik saam met braaivleis. Die somermaande kom aan. Lekker saam met ligte etes wat met slaaie bedien word ens. Koue vleise en slaaie.
Breek die blaarslaai grof, en skep so 2 teelepels van elke soort slaai wat jy ingelê het op dit, bietjie aartappelslaai, kerrie kool, geelwortel slaai ens, ‘n skyfie tamatie, komkommer, en ‘n skyf vrugte. Siedaar die bord is amper vol en jy bedien dan of koue vleise of enige pastei saam met dit.
- 2 kg kool, gekerf
- 250 g geelwortels, grof gerasper
- 1 kg uie, gekap
- Kerriemengsel:
- 5 koppies asyn
- 1 kopie water
- 3 koppies suiker
- 1 eetlepel sout
- 2 teelepels borrie
- 3 eetlepels kerrie
- 6 teelepels Maizena
Kook die groente in water tot sag, maar nie pap nie. Dreineer en hou eenkant.
Bring die bestanddele van die kerriemengsel, buiten die Maizena tot kookpunt en sit die koolmengsel by.
Kook goed deur vir ‘n paar minute.
Meng die Maizena met bietjie water en voeg by mengsel.
Kook goed deur dat die mengsel lekker verdik en bottel warm in goed voorbereide warm bottels.
Bron en Foto: Petré Van Jaarsveld