PETRE SE KEISERS KOEK
- 450 g koekmeel
- 450 g strooisuiker
- 450 g botter/margarien
- 450 g rosyne of 225 g sultanas
- 225 g amandels fyn gekap
- 112 g marmelade
- 8 eiers geskei
- 60 ml wyn of OBS
- 1/2 teelepel (opgehoop) fyn neut gebruik)
- 1/2 teelepel koeksoda in 30 ml melk opgelos
Klop eierwitte styf.
Room botter en suiker saam.
Voeg geklitse eiergele by en meng goed. Meng konfyt, wyn en koeksodamengsel by en meng goed.
Sif meel en neut saam . Voeg sultanas en fyngkapte amandels by – meng goed .
Voeg droë bestanddele by bottermengsel en meng goed deur.
Vou styfgeklopte eierwitte in.
Skep in 2 x 23 cm koekpanne en bak @ 140°C vir 1 1/2 uur
Om te versier – Eerste laag:
Karamelroomkaasversiersel
Tweede laag:
Room en halwe groenvye
Koek met styfgeklopte room buite om versier en karamelroomkaasversiersel bo-op gegooi om af te loop
- Karamelroomkaasversiersel:-
- 250 ml room
- 250 ml roomkaas
- 1 pakkie Karamel kitspoeding
- 1 eetlepel suiker
- 1 teelepel suurlemoensap
- 1 teelepel karamelgeursel
Klop room, suiker, suurlemoensap, karamelgeursel en pakkie karamel kitspoeding tot styf.
Roer roomkaas tot glad en vou roommengsel in roomkaas.
Verkoel tot styf en versier koek .
Resep en foto geplaas deur Petré Van Jaarsveld