PETRÉ SE HEERLIKE BOBOTIE
- 1 ½ kg maalvleis
- 1 groot geelwortel, fyn gerasper
- 1 appel, fyn gerasper
- 2 groterige uie, gekap
- 1 eetlepel fyn gekapte seldery blare
- 1 koppie pitlose rosyne
- sout en peper na smaak
- Kerriemengsel:
- 2 eetlepels appelkooskonfyt
- 3 eetlepels matige kerriepoeier
- 3 eetlepels borrie
- 2 eetlepels biryani masala
- ¼ koppie asyn
- ¼ koppie blatjang
- 4 snye brood, in melk geweek
- Meng en klits die volgende goed saam:
- 500 ml ongegeurde jogurt
- 1 koppie melk
- 2 eiers
Meng die wortel, appel, selderyblare en sultanas goed deur met maalvleis.
Braai uie tot deurskynend, voeg maalvleismengsel by uie en braai goed deur.
Voeg kerriemengsel by en kook goed deur, voeg sout en peper na smaak by.
Meng goed.
Druk melk uit brood en meng dit goed deur die maalvleis (hoef nie af te koel nie) en kerriemengsel.
Die brood moet basies oplos in die beslag.
Skep in oondvaste bak, maak gelyk en druk ‘n paar opgerolde suurlemoenblare in die mengsel.
Giet jogurtmengesel oor bobotie en bak teen 180°C vir om en by 40 tot 45 minute tot ‘n mooi goudbruin kleur.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld












