Your Recipe Blog

PETRÉ SE GROENVYEKONFYT

PETRÉ SE GROENVYEKONFYT

Petré: Ek kook net 1 kg op ‘n slag.

  • Vrugte:
  • 1 kg groenvye
  • 25 ml gebluste kalkpoeier
  • 5 liter water
  • stroop (hoeveelhede gelys vir 1 kg vrugte)
  • 2½ liter water
  • 1½ kg suiker
  • 25 ml suurlemoensap
  • 4 groterige stukke vars gemmer
  • 3 stukkies kaneelstokke
  • 8 heel naeltjies

Los kalkpoeier in die vyf liter water op.
Sny klein kruisies aan die onderkant van die vye, en plaas in kalkoplossing en week vir 24 uur.
Roer gereeld terwyl die vye daarin week.
Spoel die vye deeglik af.
Verhit skoon water in ’n groot kastrol tot by kookpunt en gooi ’n bietjie sout by.
Plaas die vye een-vir-een in die kokende water en maak seker dat die water nie ophou kook nie, anders word die vye pap.
Kook die vye vir 10 minute en haal versigtig uit water.

Stroop:
Verhit die water vir stroop en gooi suiker stadig by terwyl jy aanhoudend roer totdat al die suiker opgelos is.
Dit is belangrik dat die water nie moet kook voordat al die suiker opgelos is nie.
Voeg suurlemoensap, gemmer, kaneel en naeltjies by die stroop en kook 10 minute lank.
Plaas die vye geleidelik daarin en kook totdat die stroop begin dik en die vye deurskynend word – ongeveer 2 –  2½ ure.
Pak die vye in gesteriliseerde flesse, giet die warm stroop oor en verseël dadelik.

Wenk:
Maak ekstra stroop … die vye suig redelik baie stroop op.

Resep: Petré van Jaarsveld
Fotos: Petré van Jaarsveld en Johan Coetzee

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page