Your Recipe Blog

PETRE SE BOONTJIEBREDIE

PETRE SE BOONTJIEBREDIE

Sommer genoeg gekook vir nog ‘n keer. Bredies is mos eers die volgende dag lekker.

  • 3 groot uie, gekap
  • 6 naeltjies
  • 6 wonderpeperbessies
  • 1 teelepel peperkorrels
  • ¾ koppie water
  • bietjie kookolie
  • 2 kg skaapvleis (ek het 1 kg skenkels en 1 kg nek gebruik)
  • 2 knoffelhuisies fyngekap
  • 2 kg gekerfde groenbone
  • 5 groot aartappel in kwarte gesny, elke kwart het ek rond gesny, die snippers het ek gebruik om die sous mee te maak
  • Sout en peper na smaak
  • ½ teelepel fyn neutmuskaat

Kook uie, wonderpeper, en peperkorrels in die water tot al die water weggekook is.
Voeg olie by en soteer die uie tot goudkleurig.
Voeg knoffel by en braai goed deur.
Voeg vleis, aartappelsnippers en naeltjies by en bedek kastrol met deksel.
Laat prut oor lae hitte tot vleis gaar is.
Voeg bone en aartappels by en kook tot gaar en ‘n lekker sous gevorm het.

Foto en resep: Petré Van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page