Your Recipe Blog

PETRE SE BOBOTIE SONDER ROSYNE

PETRE SE BOBOTIE SONDER ROSYNE

My eie resep. Die rosyne hou ek maar liewers vir poeding.

  • 1 kg maalvleis
  • 2 groot uie, gekap en gebraai in water en olie tot sag en deurskynend
  • 1 medium geelwortel, fyn gerasper
  • 1 klein appel, fyn gerasper
  • 2 eetlepels fyngekapte seldery blare
  • 4 snye brood, in melk of water geweek
  • 5 pimento korrels
  • ½ teelepel peper korrels
  • 4 heel naeltjies
  • 1 ½ teelepel fyn koljander
  • 2 teelepels biryani mengsel
  • 2 teelepels borrie
  • 2 eetlepels kerrie
  • 4 eetlepels blatjang
  • sout en grof gemaalde swartpeper na smaak
  • Ekstra:
  • 2 eiers
  • 1 koppie melk

Meng alles goed saam, behalwe uie en brood. Meng uie by.
Druk water of melk uit die brood en meng goed deur maalvleismengsel. Skep in gesmeerde bak.
Klits die eiers en melk saam. Giet bo-oor die maalvleismengsel en bak teen 180°C tot gaar.

Nota:
Dit is net die uie wat gaar is en met die ander bestanddele gemeng word, dit is rou wanneer dit in die oond gaan.

Foto en Resep: Petré van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page