PETRE SE APPELKOOSBLATJANG
- 100 appelkose
- 1 groot ui, fyn gekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 3 koppies asyn (Ek gebruik bruinasyn)
- 1,25 kg suiker
- 1 eetlepel sout
- 1 teelepel rooipeper
- 2 eetlepels fyn gemmer
- 1 teelepel mosterdpoeier
- 1 pakkie pekelspeserye “pickling spice”
- 1 rooi rissie, fyn gekap
Maal appelkose, ui en knoffelhuisies saam. Plaas in ‘n kastrol.
Voeg die res van die bestanddele by en kook vir om en by 1 uur of tot dik genoeg.
Bottel warm.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld