Your Recipe Blog

PETRA SE GEEN KNIE BROOD IN DIE HALOGEEN OOND

PETRA SE GEEN KNIE BROOD IN DIE HALOGEEN OOND

Frieda se:  Hierdie “Petra” GEEN KNIE BROOD bly ‘n treffer! Vinnig, maklik en lekker.
Ekke het helfte van bestanddele gebruik en 6 broodjies gebak – nou het elkeen sy eie korsies!
Nota:
Magda Van Zyl – Onfeilbare resep ek gebruik 2 koppies nutty wheat met 5 koppies gewone meel en net so lekker.

  • 7 koppies broodmeel (1 kg)
  • 4 koppies lou water
  • 10 ml sout
  • 1 pakkie kits suurdeeg (10 g)

Meng alles goed – net geroer met houtlepel.
Plaas deeg in panne. Laat rys – maak dit lekker warm toe, dit rys baie gou.
Bak ± 1 uur by 180°C.

Nota:
Ek het dit in Halogene oondjie gebak op lae rakkie vir 35 minute by 175°C.
Ek het nie die oond vooraf verhit nie, het net die bekertjies ingesit en oond aangesit en gebak.
Eers 20 minute, toe het ek dit nog 15 minute aangesit.
Die volle resep maak 2 brode of 12 beker/blik broodjies.
Ek gebruik in Texas as ek by my kinders kuier, “all purpose flour”.

Resep: Petra Pretorius
Foto: Frieda Greyling

2 Reviews

  1. Ennely

    Die oondtempratuur bly seker dieselfde in ñ gewone oond.

    Star
    • Hallo, ja mens bak hom maar soos enige brood teen 180ºC en in ‘n waaier oond teen 170ºC.
      Geniet dit baie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page