Your Recipe Blog

PESTO-EIERVRUGSKYWE

PESTO-EIERVRUGSKYWE

Resep en foto’s: Maryna Viljoen Kruger
Die eiervrugskywe gaan nou kole toe saam met sirloin. Die hoeveelheid van die bestanddele is afhangende van hoeveel eiervrugskywe jy voorberei. 2de foto is waar dit reeds gerooster is.

  • eiervrug, in die lengte in skywe gesny
  • olie, vir verf
  • tamatiepasta
  • Mozzarella kaasskywe
  • basilliekruid pesto
  • vars basilliekruid
  • Verf die eiervrugskywe met olie aan albei kante.
  • Smeer die tamatiepasta as basis op elke eiervrugskyf, plaas dik skywe Mozzarella kaas op die tamatiepasta en bedruip die kaas met pesto (ek het Ina Paarman se pesto gebruik).
  • Plaas vars basilliekruid blare op die pesto.
  • Rooster die eiervrugskywe op ‘n rooster oor matige kole.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page