PERSKETERT
“Sommer vanoggend vinnig iets aanmekaar geslaan vir die bure wat kom koffie drink. My oond seël nie mooi, so die rosies is net om die flop in middel toe te maak. Hy is heerlik, so ek sal hom beslis weer bak en dan ‘n beter foto stuur.
- 3 eetlepels botter (37½ ml)
- 250 ml witsuiker
- 250 ml koekmeel
- 5 ml bakpoeier
- 1 ml sout
- 60 ml melk
- 2 eiers, geklits
- 1 x 410 g blik perskeskywe, in blokkies gesny
- Stroop:
- 250 ml suiker
- 250 ml room (of melk as jy soos ek sonder room was)
Klits die botter met die witsuiker totdat dit ‘n romerige tekstuur vorm.
Voeg die mengsel by die droë bestanddele, asook die 60 ml melk, en meng alles baie goed.
Klits die eiers en meng dit ook by die mengsel in.
Plaas die mengsel in ‘n vuurvaste, gesmeerde bak.
Sny die perskeskywe in stukkies en pak dit bo-op die deeg.
Plaas die tert in ‘n voorverhitte oond by 180 °C en bak dit vir 25 – 30 minute.
Verhit intussen die stroop bestanddele.
Haal die tert uit wanneer gereed en skep die warm stroop oor.
Resep en foto: Magde Van der Kolff