PERSKESKILBLATJANG
Hierdie blatjang word gemaak van die skille van geelperskes en op die manier mors ons niks.
- Maal of plaas in voedselverwerker en maak grof:
- 3 kg geelperskeskille
- 4 – 6 groot uie, geskil en sny dit in stukke op
- Voeg die volgende by perskeskil mengsel:
- 750 ml witasyn
- 500 g witsuiker
- 24 heel kruienaeltjies
- 24 elk wonderpeper en swartpeperkorrels
- 10 ml kerriepoeier
- 7 ml elk borrie
- 1 ml sout
- 2 ml rooipeper
- 3-4 Granny Smith appels grof gerasper
- Opsioneel:
- knoffelhuisie
- soetrissie
Verhit mengsel stadig tot kookpunt, roer tot suiker opgelos is en prut dan tot dik. (roer gereeld)
Bottel en verseël blatjang warm.
Gemaalde knoffelhuisie en soetrissie kan ook bygevoeg word indien verkies.
Resep: Ben Rautenbach
2de Resep en foto geplaas deur Alta van Dyk
Die idee van die perskeskille chutney by Ben Rautenbach gekry, maar my eie mik, korrel en proe resep gemaak.
- 8 kg geelperskeskille
- 6 groterige uie, in stukke gesny
- 6 soetrissies, (ek het 2 van elk gebruik, rooi groen en geel)
- 2 hoogvol koppies rosyne
- 6 koppies bruin asyn
- 2 hoogvol teelepels sout
- 1 kg suiker
- 2 hoogvol teelepels fyn gekapte knoffel
- 2 hoogvol teelepels gekapte vars gemmer
- 6 teelepels Aromat
- 3 eetlepels medium kerrie
- 2 teelepels borrie
- 1 teelepel chilli flakes
- 1 teelepel droë mosterd
- 1 teelepel peper
- ¼ teelepel fyn naeltjies
Plaas al die bestanddele in groot kastrol.
Kook goed deur tot skille sag is en die tekstuur van die blatjang reg is na jou smaak.
Maak die mengsel fyner, met ‘n blenderstok sommer in die kastrol of gebruik ‘n “liquidiser” of ‘n voedselverwerker.
Sit terug op stoof tot dit net begin opkook, haal af, bottel warm in gesteriliseerde flesse of blatjang bottels.
Nota:
Smaak verskil so as jy nog bietjie asyn by wil voeg of suiker, doen so.