PERSKEROLLE VAN GEKOOKTE PERSKES
‘n Paar dae terug het ek vir eerste keer perskerolle gemaak. ‘n Vriend van my, Gideon Louw, het vir my ‘n resep gestuur. Syne was van rou perskes gemaak. Hierdie een werk ook soos ‘n bom!
Ek het ‘n ander resep gebruik waar jy die vrugte eers kook.
Gebruik geel taaipit perskes. Spoel goed af en sny in snippers.
Verwyder merkies en slegte plekkies.
- Kook vrugte in water soos volg:
- 5 kg vrugte
- 2 koppies water
- 1½ koppie suiker (as jy dit wil soeter hê)
Kook tot net sag, en skep vrugte in sif sodat water kan deur loop.
Maal vrugte met growwe sif van vleismeul of voedselverwerker.
Spuit teëls met spray en cook en smeer vrugtemoes ± 5 mm dik op die teëls.
Laat droog word in son oor ± 3 dae.
Bring binnenshuis namiddae van 4 uur af, en buite in son volgende dag.
Hou ten ale tye toe onder nette vir ongewenste gaste.
Ons dit gesny met pizza snyer en rol op.
Die stroop maak ‘n lekker koeldrankie.
Volgende is vye!
Fotos en resep geplaas deur: Alta Gunter van Dyk