PERSKEROLLE VAN GEKOOKTE PERSKES
Fotos en resep geplaas deur: Alta Gunter van Dyk
‘n Paar dae terug het ek vir eerste keer perskerolle gemaak. ‘n Vriend van my, Gideon Louw, het vir my ‘n resep gestuur. Syne was van rou perskes gemaak. Hierdie een werk ook soos ‘n bom!
Ek het ‘n ander resep gebruik waar jy die vrugte eers kook.
- Gebruik geel taaipit perskes. Spoel goed af en sny in snippers.
Verwyder merkies en slegte plekkies. - Kook vrugte in water soos volg:
- 5 kg vrugte
- 2 koppies water
- 1½ koppie suiker (as jy dit wil soeter hê)
- Kook tot net sag, en skep vrugte in sif sodat water kan deur loop.
- Maal vrugte met growwe sif van vleismeul of voedselverwerker.
- Spuit teëls met spray en cook en smeer vrugtemoes ± 5 mm dik op die teëls.
- Laat droog word in son oor ± 3 dae.
- Bring binnenshuis namiddae van 4 uur af, en buite in son volgende dag.
- Hou ten ale tye toe onder nette vir ongewenste gaste.
- Sny met pizza snyer en rol op.
- Die stroop maak ‘n lekker koeldrankie.








Goeiedag Wayne,
Verkoop julle van jul perske rolle ?
Ons woon in Onrusrivier Hermanus
083 305 9956
Baie dankie
Goeie dag
Ongelukkig is Wayne reeds oorlede, maar ons verkoop niks wat op hierdie groep is nie, jammer, ons is net ‘n resepte groep. Dalk moet jy Wayne se lekker resep gebruik en sommer self maak, dit is dan net nog lekkerder.
Groete
Rina Kleinhans
Jammer om te hoor van Wayne, ons vertrou hy was gereed om ons vooruit te gaan.
Baie dankie vir jou antwoord op my skrywe.
Ons ouderdom en vogtige klimaat maak dit baie moeilik om self te maak.
Ons het eenkeer `n paar gelede “Karoo gedroogde perske rolle” by `n stalletjie
tussen Robertson en Montagu gekoop.
Ek is seker dit was op hierdie resep geskoei, lekker bros, droog en heerlik.
Kon nog nie weer die gelyke daarna raakloop nie.
Groete uit `n lekker warm Onrusrivier.
Blessings
More, ek het intussen opgevolg. Die resep behoort aan ‘n dame in Oudtshoorn, haar naam is onder aan die resep. Ek het haar gekontak, maar hulle doen dit ongelukkig nie meer nie. Ek woon ook in Onrus, so ek verstaan die probleem van vogtigheid. Ek hoop julle spoor vinnig weer sulke heerlike rolle op.
Groetnis
Rina