PERSKEPOEDING MET ‘N KRUMMELLAAG
- Deeg:
- 500 ml koekmeel
- 5 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 125 ml suiker
- 200 g botter of margarien
- ± 80 ml yskoue water
- effens geklitste eierwit
- Vulsel:
- 820 g blik perskeskywe (sonder die stroop)
- 1 blik kondensmelk
- 80 ml suurlemoensap
Stel die oond op 180 ºC. Bespuit ‘n 24 cm tertbord met kleefwerende kossproei.
Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter in tot diy soos krummels lyk.
Deel die deegmengsel in 2. Voeg net genoeg koue water by die 1 helfte en meng om ‘n stywe deeg te maak.
Druk die deeg vas in die voorbereide tertbak en prik met ‘n vurk.
Smeer die eierwit bo-oor die kors.
Pak die perskeskywe bo-op die deeg.
Klits die kondensmelk en suurlemoensap saam, en skep die megnsels bo-oor perskes.
Sprinkel die res van die deegmengsel oor en bak 45 min lank of tot gaar.
Bedien met room of met vla.
Resep en foto: Amanda Austen