Your Recipe Blog

PERSKEPOEDING MET ‘N BROS KRUMMELLAAG

Recipe by
Cook: 45 minute

PERSKEPOEDING MET ‘N BROS KRUMMELLAAG

  • Broslaag:
  • 500 ml Rice Krispies, fyn gedruk
  • 45 ml suiker
  • 3 ml fyn gemmer
  • 60 ml sagte botter
  • Beslag:
  • 60 ml sagte botter
  • 180 ml suiker
  • 1 eier
  • 1 blik (410 g) perskestukke, gedreineer (behou 125 ml van die stroop)
  • 375 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 1 ml sout

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Bespuit ‘n medium grootte oondvaste bak met kleefwerende middel.
Meng al die bestanddele vir die broslaag en hou dit eenkant.
Verroom die botter en suiker en voeg die eier en die 125 ml perskestroop by. Meng alles goed saam.
Vou die droë bestanddele daarby in.
Skep die mengsel in die voorbereide bak en maak dit gelyk.
Sny die perskestukke fyn en sprinkel dit bo-oor die beslag in die pan.
Strooi die broslaagmengsel bo-oor en bak die tert vir 45 minute lank of totdat ‘n toetspen skoon uit die middel van die tert kom.
Bedien die tert saam met room of vla.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page