Your Recipe Blog

PERSKEPIEKEL

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20-30 min

PERSKEPIEKEL

  • 1 kg taaipitperskes soos Yello Cling wat nog nie te sag is nie
  • 500 g suiker
  • 1 teelepel sout
  • 500 ml witasyn
  • 1 eetlepel allspice korrels
  • 8 kruienaeltjies
  • 6 kaneelstokkies

Skil die perskes en sny in kwarte van die pit af.
Verhit en roer die suiker, sout en asyn in ‘n kastrol. Voeg die allspice, naeltjies en kaneel by.
Verhit tot kookpunt en roer gedurig om die suiker op te los.
Voeg die perskekwarte by en kook liggies vir 20 – 30 minute tot die perskes sag maar nog ferm is.
Verwyder van die hitte en skep die perskes in ‘n gesterliseerde fles.
Bedek met die stroop en verseël.

Nota:
Beste om te laat staan vir ten minste 2 weke voor gebruik.

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto:  Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page