PERSKE YSKASTERT
Vir hierdie heerlike tert kan jy enige geblikte vrugte gebruik, Nartjies of mandaryne smaak net so lekker.
- 225 ml sterk rooibostee
- 1 pak (200 g) Mariebeskuitjies, fyngedruk
- 230 g bakmargarien, gesmelt
- 25 ml gelatien
- 1 blik (410 g) gesnyde perskes, dreineer maar behou die stroop
- 12,5 ml suiker
- 12,5 ml Maizena
- 1 blikkie (397 g) kondensmelk
- 100 ml suurlemoensap
- 250 g gladde maaskaas (250 ml)
- 125 ml room, styf geklits
- 5 ml vanilla geursel
Meng Mariebeskuitjies met margarien en voer ‘n geriffelde tertpan met losboom daarmee uit. Plaas in yskas.
Los die gelatien in warm rooibostee op. Verhit die stroop van die perskes in ‘n kastolletjie, maak suiker en maizena aan met ‘n klein bietjie water tot ‘n pasta, roer by die stroop en verhit tot dit verdik en deurskynend is. Verkoel.
Meng kondensmelk met die suurlemoensap tot dit verdik. Voeg rooibostee/gelatien mengsel en maaskaas by. Vou geklitste room en vanilla geursel in.
Skep in die kors en versier met gesnyde perskes wanneer begin stol.
Skep verdikte stroop bo-oor en plaas ‘n paar uur in yskas voor opdiening.
Resep en foto: Helene Burger