PERSKE EN PYNAPPEL SOET RISSIESOUS
Ek het gister so bietjie tyd tot my beskikking gehad. Toe ontwerp ek die een. Dit is hoekom ek navraag gedoen het oor knoffelvlokkies. Dit val nogal heel in my smaak. My troefkaart, my kleinkinders het ‘n heel bottel gas gegee.
- 500 ml appelkoskonfyt
- 100 g gedroogte perskes
- 1 blik fyn pynappel (432 g)
- 3 rissies, maak dit maar meer of minder na smaak (Ek het bishop crown gebruik)
- 15 ml knoffelvlokkies
- 15 ml uievlokkies
- 5 ml sout
- 15 ml asyn
- 15 ml gedroogde pietersielie
Laat eers die perskes in ‘n bietjie kookwater week om sag te word.
Plaas al die bestanddele behalwe die appelkooskonfyt in ‘n voedselverwerker en meng goed.
Sit die appelkooskonfyt in ‘n pot en laat net net prut. Sit die mengsel in die voedselverserker by en laat net opkook.
Proe en sit nog asyn by na smaak.
Bottel en bêre.
Foto en resep: Johan Du Preez Snr