PERSKE-EN APPELKOOSPASTEIVULSEL
Resep en fotos: Suenell Liebenberg
Gebruik die vulsel in vrugtepasteie, handtertjies ensovoorts.
- 1 x 825 g blik perskes, kleiner gesny stroop gedreineer
- 1 x 410 g blik appelkose, kleiner gesny en stroop gedreineer
- 250 ml suiker
- 312.5 ml water (1 + ¼ koppie)
- 1 eetlepel suurlemoensap
- 1 teelepel vanilla geursel
- knippie sout
- 62.5 ml Maizena (¼ koppie)
- In ‘n pot oor medium-lae hitte klits al die bestanddele saam behalwe die vrugte.
- Laat kook en bly roer, dit sal ‘n dik mengsel vorm. Verwyder van die hitte en roer vanilla en vrugte by en roer deeglik deur.
- Skep die afgekoelde vulsel in enige tertkors van jou keuse en bak volgens die resep van die deeg.
- Ek het onderstaande tertkorsresep vir my pastei gebruik.
https://yourrecipeblog.com/recipes/appeltert-van-vars-appels-met-n-kors/













