Your Recipe Blog

PERLEMOEN OP RYS

PERLEMOEN OP RYS

  • 410 g blik gemaalde perlemoen
  • 1 medium ui, fyn opgesny
  • 5 grasuie, opgesny
  • 1 knoffelvingertjie, gepars
  • sout en gemaalde peper
  • 2.5 ml neutmuskaat
  • 100 ml witwyn
  • 30 ml suurlemoensap
  • 5 ml “Louisiana Hot sauce”
  • room, opsioneel, maar ek verkies die suiwer smaak
Braai die uie saam in olyfolie tot glanserig en voeg die knoffel gedurende die braai proses by.
Geur met sout en peper en roerbraai deur.
Voeg die blik gemaalde perlemoen met sous by, roerbraai deur en strooi die neutmuskaat oor.
Voeg die witwyn by en prut so 3 – 5 minute.
Geur met ekstra gemaalde peper en voeg die suurlemoensap en warm sousie by.
Roerbraai ‘n minuut of twee en skep uit in ‘n opdien bak.
Bedien op rys met suurlemoen wiggies en gesnipperde grasuie.
Resep en foto: Johan Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page