Your Recipe Blog

PERI-PERI PASTASLAAI

PERI-PERI PASTASLAAI

Dit brand glad nie baie nie! Dis werklik ‘n heerlike resep.

  • 500 g pasta (Gnocchi)
  • Sous:
  • 1 koppie tamatiesous
  • 1 koppie suiker
  • 1 koppie olie
  • 1 koppie druiwe asyn
  • 2 van 375 ml bottels Wellington Peri-peri sous
  • Voeg by:
  • 4 groot uie, fyn gekap
  • 6 groen/rooi soetrissies, gekap (peppers nie chillies nie hoor)

Kook pasta vinnig in diep water met sout en 1 eetlepel olie, dreineer en spoel af.
Smelt sous bestanddele saam oor medium hitte.
Roer uie en soetrissies saam en roer goed deur, laat net lekker deurkook.
Voeg pasta by en roer liggies deur.
Laat staan oornag.
Bedien warm of koud of bottel dadelik, lees nota onder.

Nota van Heather:
Jy kan die pasta verminder tot 1 pakkie, dan is dit baie souserig. Ek gooi nog halwe pakkie by om dit meer te maak by my lodge. Dit word so vinnig opgeëet, maar jy kan die resep met net die 500 g pakkie maak.
Ek kook alles op einde saam vir so 4 – 5 min, omdat ek dit warm bottel.
As ek dit warm bottel, kook ek my pasta so 3/4 van die tyd, dreineer en sit by die sous.
Kook dan so 4-5 min saam.
Hou lank in die yskas.

Foto: Wilna Dorfling
Resep:  Heather Strumpher

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5