Your Recipe Blog

PERI-PERI HOENDERLEWERTJIES

PERI-PERI HOENDERLEWERTJIES

“Môre almal. Vinnig, maklik en ekonomies. Soos julle nou al weet, ek gebruik nie water in ‘n pot as ek enige vleis gaar maak nie. Hier is weer so ‘n resep.”

  • 1 groot ui, opgesny
  • 500 g hoenderlewertjies
  • olie, vir braai
  • sout en peper, na smaak
  • paprika, na smaak
  • peri-peripoeier, na smaak

Plaas die olie in ‘n pot, maar net dat die bodem bedek word.
Braai uie tot mooi bruin.
Sit hoenderlewertjies by uie en braai alles saam. Verlaag plaathitte na ‘3’ en sit deksel op pot en laat stadig braai/kook.
Na 15 minute, strooi sout en peper na smaak by en los vir nog 15 minute om te prut.
Sit die paprika- en peri-peripoeier by, na smaak. Roer alles mooi deur, skakel stoofplaat af  en los vir vyf minute op plaat wat afkoel.
Bedien met kapokaartappels, sousboontjies met uie, suikermielies en beetslaai (met lekker growwe peper op).

Resep en fotos: Koos van der Merwe

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page