Your Recipe Blog

PERFEKTE VANILLAKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 minute

PERFEKTE VANILLAKOEK

Rina Brits – Vier lae gebak die resep twee keer aangemaak en drie lae van die vier gebruik.

  • Sif saam:
  • 2 koppies koekmeel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel sout
  • Verhit saam:
  • 1½ koppie water
  • ½ koppie sonneblomolie
  • Klop saam tot lig en skuimerig:
  • 4 extra groot eiers
  • 1¾ koppie witsuiker
  • 1 teelepel vanilla geursel

Klop nou die meel en watermengsel beurtelings by die eiermengsel op lae spoed tot gemeng, deel mengsel tussen 2 gesmeerde 22 cm panne en bak vir 35 min op 160°C.

Sjokoladekoek:
Jy kan ook 90 ml kakaopoeier by die oliemengsel voeg en 5 ml fyn gemmer by die meelmengsel en ‘n heerlike sjokoladekoek bak.

Ystervarkies:
Vir ystervarkies, bak die koek die dag voor die tyd, sny dan in blokke en doop in die volgende stroop:

  • 400 ml kookwater
  • 15 ml botter
  • 750 ml versiersuiker
  • 80 ml kakao
  • 5 ml vanilla geursel

Kook alles saam vir 2 min behalwe die botter, haal van hitte af en roer die botter by, doop die koekstukkies vinnig daarin (nie week nie) laat afdrup en rol in klapper.

Versiersel op die foto:
Ek het die versiersuiker aangemaak, net baie sagte margarine, ek het die wit wooden spoon gebruik, lank geklits en versiersuiker stadig bygevoeg tot dit nie meer botterig geproe het nie. Ek het so twee doppies melk bygevoeg om dit baie sag te maak sodat sy dit met die kwas kon verf.

Resep en 2de foto: Magda Van Der Merwe
Foto: Rina Brits
Notas: Maritza Labuschagne
Ek bak my cupcakes so 18 minute.
Ek maal die hele resep x2 en dan kry ek minimum 48 cupcakes uit.
Hang van my cupcake houertjie af, ek het al n paar keer perongeluk ‘n effens kleiner een gekoop dan kom daar baie meer uit.
Die resep het ek al suksesvol gebruik vir kleiner koeke, hierdie is gebak in 2x 15cm ronde pannetjies (slegs 1 x van die resep) (foto 3)
Ook baie oulike 20x30cm plaatkoeke wat baie gemaklik in ‘n (12 cupcake koekboks pas) 1 x die resep (foto 4)

Category:

One Review

  1. Maritza Labuschagne
    Ek kom post sommer net om te sê hierdie resep is ‘n wenner. Ek gebruik hom gereeld. Kry baie komplimente en die koek bly lekker lank vars.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page