Your Recipe Blog

PEPPERMINT TERT MET KOFFIE

PEPPERMINT TERT MET KOFFIE

  • 500 ml room
  • 1 blikkie karamel
  • 150 g peppermint slab
  • 2 pakkie Tennisbeskuitjies
  • 3 teelepels koffie
  • 100 ml kookwater
  • sjokolade vir versier

Meng koffie met kookwater en los om af te koel. Roer karamel tot daar geen klonte meer sigbaar is nie.
Klits room in mengbak tot styf.
Maak die peppermint sjokolade fyn.
Vou karamel en sjokolade by room in. (Moenie dit inklits nie anders gaan tert nie styf word nie)
Hou so bietjie van sjokolade oor vir versiering bo op tert.

Dip die koekies in die koffie vir ‘n paar sekondes en pak een laag in die tertbak.
Giet ‘n laag room en karamelmengsel oor die koekies, pak weer ‘n laag koekies, herhaal tot al die vulsel klaar is.
Plaas in die yskas om te stol.

Versier met die fyn peppermint slab wat eenkant gehou is en verder met sjokolade van jou keuse.

Resep en Foto: Megan Marais

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5