Your Recipe Blog

PEPPERMINT MAYONNAISE SJOKOLADEKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 minute

PEPPERMINT MAYONNAISE SJOKOLADEKOEK

Ek het gister die koek gebak. Dit het heerlik gesmaak, hy was heerlik klam, maar agterna het daar ‘n bakpoeier of koeksoda smaak in my mond agtergebly, om dit te vermy kan mens 15 ml asyn of suurlemoensap in jou beslag inmeng.

  • 500 ml (2 koppies) koekmeel
  • 160 ml (1 koppie) kakoa
  • 250 ml (1 koppie) mayonnaise
  • 330 ml (1 ½ koppie) karringmelk
  • 125 ml (½ koppie) suiker
  • 10 ml (2 teelepels) bakpoeier
  • 5 ml (1 teelepel) koeksoda
  • 5 ml (1 teelepel) vanilla geursel
  • 2.5 ml (½ teelepel) sout
  • 3 ekstra groot eiers, geskei
  • Versiersel
  • 80 ml (½ koppie) kaka
  • 375 ml (1½ koppie) versiersuike
  • 125 g botter of margarine
  • 5 ml (1 teelepel) vanilla geursel
  • 1 5 ml (1 teelepel) melk, opsioneel
  • Vulsel
  • 1 blik karamel kondensmelk
  • peppermint crisp sjokolade

Voorverhit oond op 180° C.  Sif die meel.
Meng die kakao met die karringmelk. Klits eiergeel, vanilla, suiker en sout tot romerig en donsig en tot dit baie lig geel is.
Vou die kakao en karringmelk bietjie vir bietjie by eiermengsel, MOET nie klits nie.
Vou mayonnaise bietjie vir bietjie in tot goed gemeng.
Meng die droë bestanddele bietjie vir bietjie by. Vou goed in.
Klits die eierwitte styf en vou die eierwit in tot goed gemeng is.
Vou dan die bakpoeier en koeksoda in tot goed gemeng.
Giet in 2 x 20 cm ronde panne.
Bak 35 minute tot gaar.
Haal uit die oond en laat 15 min in die panne staan om af te koel.
Keer die koekke op ‘n draadrak uit en laat heeltemal afkoel.

Meng vulselbestanddele en smeer tussen die twee koeklae.
Meng versiersel bestanddele goed deur en versier soos verkies.

Resep en fotos: Belinda Vermeulen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page