PEPPERMINT CRISP TERT MET ‘N VERSKIL
Hier is my peppermint Crisp tert. Ek het onlangs gelees mense rek die karamel met ‘n pakkie kitspoeding. Ek rek my terte met plein jogurt. Die tert is dan gesond, nie so soet nie en stewig. Hier is my resep: die tertpan volume is 3320ml.
- 2 Peppermint Crisp sjokolade
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies
- 250 ml room
- 1 blikkie karamel treat
- 500 ml gewone plein jogurt
- Opsioneel:
- peppermint geursel
Pak ‘n laag Tennisbeskuitjies onder in die tertpan.
Klop die room styf. (Voeg opsioneel ‘n paar druppels peppermint geursel in).
Voeg die karamel treat by en klits deur.
Voeg die plein jogurt by. (Ek gebruik ‘n dik romerige soort) Klits deur.
Skep helfte van die mengsel oor die koekies.
Pak nog ‘n laag koekies en skep die res van die vulsel oor.
Sprinkel gerasperde peppermint crisp sjokolade oor.
Laat staan ‘n paar uur, verkieslik oornag.
Resep en foto: Sharron Dianne van Eeden