PEPPERMINT CRISP TERT IN GLASE
- 200 g Peppermint Crisp sjokolade
- 1 blik karamel kondensmelk
- 1 pakkie Romany Creams, fyngemaak
- 250 ml vars room
- 1 Moir’s karamel of sjokolade kitspoeding
- 380 ml melk
Maak die kitspoeding aan met die melk.
Klits room tot styf.
Meng kitspoeding, karamel kondensmelk en room saam.
Rasper die Peppermint Crisp sjokolade.
Meng die helfte van die gerasperde Peppermint Crisp in die karamel-kondensmelkmengsel.
Plaas die beskuitjiekrummels onder in nagereg glase.
Skep die karamel-kondensmelkmengsel op die beskuitjiekrummels.
Strooi die ander helfte van die gerasperde Peppermint Crisp bo-op die poeding in die glase.
Verkoel vir 4 ure.
Bedien en geniet.
Nota:
Hierdie tert kan ook in een groot tertbak gemaak word.
Resep en Foto: Heleen Brummer Nel
Thank you for the wonderful recipes ❤️
Very tasty…. Easy….. Economic….. Favorite in our family