PEPERWORTEL (HORSERADISH) RISSIE KOOLSLAAI
Ek gaan myself uitlaat en sê dat ek dink dat hierdie die beste koolslaai ooit is! Het dit aangepas vanaf ‘n resep wat ek jare gelede uitgeskeur het uit ‘n tydskrif. Dit maak ‘n groot bak slaai, en hoe langer dit staan, hoe lekkerder word dit. Dit klink dalk na ‘n snaakse kombinasie, maar dis regtig verskriklik lekker. En jy kan die koljanderblare uitlos as jy nie daarvan hou nie.
- ½ savoy of gewone witkool, fyn gesny
- 3 wortels, gerasper
- 1 koppie koljanderblare, gekap
- 1 middelslag botteltjie geroomde peperwortel
- 200 ml mayonnaise
- 200 ml suurroom/volvet jogurt
- 15 ml rissiesous
- 15 ml witasyn
- 50 ml melk
- sout en peper na smaak
Meng kool, wortel en koljanderblare saam.
Meng peperwortel, slaairoom, suurroom, rissiesous, asyn en melk saam en gooi bo-oor.
Roer deur met sout en peper na smaak.
Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs