PEPERBIEFSTUK PASTEIE
My seun het ons bietjie bederf met peperbiefstuk pasteie.
- 2 uie, fyngekap
- botter vir braai
- 2 teelepels fyn knoffel
- 1 kg “goulash”vleis, in kleinerige blokkies gesny
- vars gemaalde swart peper na smaak
- 1 pakkie pepersouspoeier
- 2 rolle winkel blaardeeg
- 2 eiers, geklits vir oor verf
Braai uie en knoffel in bietjie botter. Sit blokkies vleis by. Braai tot amper gaar.
Maak sous aan soos op die pakkie en sit by die vleismengsels saam met ekstra swart peper by.
Prut vir ‘n paar minute. Mengsel moet nie te souserige wees nie.
Rol deeg uit. Sny in pasteigrootte blokke. Verf rand van elke pasteietjie met geklopte eier.
Sit vulsel in die middel van die deeg blokke.
Vou toe en maak seker die rand is goed geseël.
Verf die pasteie met eier. Maak gaatjie bo-op in die pastei sodat die stoom kan ontsnap.
Bak vir 15 – 20 minute tot goudbruin.
Resep en foto: Anesta Olivier.
Dit lyk heerlik gaan dit ook probeer.