Your Recipe Blog

PEPER BIEFSTUK PASTEI – PEPPER STEAK PIE

PEPER BIEFSTUK PASTEI – PEPPER STEAK PIE

  • 1 kg “rump steak” in blokkies gesny, vet en senings verwyder
  • 1 ui, in blokkies gesny
  • 1 teelepel fyn knoffel
  • 1 sakkie Royco pepper sauce (die klaar sous wat mens net opwarm)
  • sout en peper na smaak
  • 2 teelepels flippen lekker spice
  • 1 teelepel Bisto
  • 1 teelepel Maizena
  • 2 pakke skilferkorsdeeg
  • 1 geklitste eier, vir bo-oor smeer

Voorverhit oond op 200°C.
Berei ‘n langwerpige pyrex bak (myne was die 2 liter bak) voor met die 1 ste rol skilferkorsdeeg,  sit dit onder in die bak en druk teen die rante op. Maak seker die hele bodem is mooi bedek.
Giet bietjie olie in ‘n pot, braai die vleisblokkies tot bruin, voeg die ui en knoffel by en braai tot die uie deurskynend is.
Sit die speserye, sout en peper by. Meng die pepersous in by die vleis en kook verder.
Maak die Bisto en Maizena aan met bietjie water en meng deur die vleismengsel.
Kook tot die mengsel lekker dik is. Skep in die bak met die voorbereide kors.
Maak alles mooi eweredig en bedek bak met 2de rol skilferkorsdeeg.
Seël mooi en borsel met geklitste eier.
Bak in oond tot mooi bruin en gaar.
Bedien saam met gemengde slaai.

Foto en resep: Juanita Vermeulen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page