PENNY SE SPLITERTJIE EN BOEREWORS SOP
- 1 pakkie splitertjies
- 1 pakkie beesvleis sopbene
- 1 kg boerewors (ek verkies die wat sê op pak: gegeur met naeltjies, koljander en neutmuskaat)
- 1 groot ui, opgekap
- 4 groot wortels, grof gerasper
- 1 groen en 1 rooi soetrissie, opgekap
- 4 groot aartappels, grof gerasper
- 2 teelepels gekapte knoffel
- sout en peper
- BBQ spice
- Chicken spice
- Chakalaka spice en of cayenne pepper vir ekstra byt
In ‘n lekker groot pot kook splitertjies in genoeg water vir ‘n uur of tot sag. Ek meet maar met my oog.
Giet ongeveer 2 tot 3 liter water by en voeg al die groente en sopbene by.
Geur met speserye, sout en peper.
Laat kook vir ‘n uur en ‘n half.
In die tussentyd het ek die wors eenkant gaar gemaak en toe in stukkies gesny.
Na sop ‘n uur en ‘n half gekook het, het ek die wors by gemeng en nog so ‘n uur laat kook.
Sit so ‘n bietjie Maizina met melk aangemaak by die sop ingeroer, net om dit effens dikker te maak.
Skakel die stoof af en laat sop vir nog so ‘n halfuur op stoof staan.
Nota:
Pas maar self die resep aan met die hoeveelheid water en speserye. Ek proe maar. Die wors gee dit ‘n heerlike geur.
Wors en beesvleis bene kan vervang word met 2 pakkies spek en ‘n pakkie vark sop bene.
Jy kan ook so ‘n hand of 2 vol gesnyde sop seldery byvoeg.
Resep en foto: Penny van Niekerk