Your Recipe Blog

PENNE PASTASLAAI

PENNE PASTASLAAI

  • Vleis:
  • 200 g fillet (vark of bees)
  • 30 ml rooiwynasyn
  • 1 rooi brandrissie, opgesny
  • 2.5 ml gemaalde swartpeper
  • 5 ml suurlemoensap

Sny die fillet in dun repies, plaas dit in ‘n plastiek bakkie en voeg die asyn, rissie, peper en suurlemoensap by en roer goed deur. Marineer oornag.

Nota:
Die vleis repies kan ook as carpaccio gebruik word.

  • Pastaslaai:
  • 3 handevol penne pasta
  • 30 ml olyfolie
  • 1 groen soetrissie, in repies opgesny
  • 1 ui, fyn opgesny
  • 1 medium wortel, in fyn repies opgesny
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 3 tamaties, opgesny
  • 15 ml bruinsuiker
  • 10 ml vars gemmer, opgesny
  • 15 ml balsamiese reduksie
  • 250 g pitmielies en ertjies, gemeng
  • 1 rooi brandrissie, opgesny
  • vars basiliekruid blaartjies

Kook die pasta in soutwater vir ongeveer 8 – 10 minute of tot al dente.
Dreineer die pasta, maar hou die warmwater eenkant en plaas die pasta in yswater tot later.
Plaas die wortel repies in die warm pastawater, blansjeer die wortelrepies vir 10 minute.
Verwyder die wortelrepies uit die warm water en plaas eenkant.
Kook die mielies en ertjies in soutwater vir 5 minute, verwyder van die hitte, skep die groente uit die pot en hou eenkant.
Verhit die olie in ‘n pan en braai die wortelrepies, ui, soetrissie en gemmer tot glanserig.
Geur met sout en gemaalde swartpeper.
Voeg die tamaties, balsamiese reduksie en die bruinsuiker by die wortelmengsel en roerbraai totdat ‘n pastasous tekstuur vorm.
Voeg die gemarineerde vleisrepies by die sous in die pan en roer deur tot goed gemeng.
Voeg laastens die mieliepitte en ertjies by en roer deur.
Skep die vleis en sousmengsel uit in ‘n glasbak, laat dit afkoel tot kamertemperatuur en plaas dit in die yskas om heeltemal af te koel.
Dreineer die pasta, voeg die vleis en sousmengsel by die pasta en roer goed deur.
Strooi die opgesnyde brandrissie met vars basiliekruid blare oor die slaai voor opdiening.

Resep en foto: Johan Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page