Your Recipe Blog

PEKANNEUT BROSLEKKERS (BRITTLE)

PEKANNEUT BROSLEKKERS (BRITTLE)

Ek het hierdie heerlikste ” pekan brittle ” gemaak. So ‘n lekker soetigheidjie is tog te heerlik!

  • 2 opgehoopte koppies suiker
  • 1 teelepel sout
  • 2 koppies pekanneute, in stukkies gebreek
  • ¾ koppie water

Meng die suiker, sout en water goed.
Verhit die mengsel op hoë hitte tot die suiker opgelos is, sonder om te roer.
Kook dit nog verder en roer soms veral teen die rante van die kastrol om te voorkom dat die suiker vassit.
Hou dit mooi dop tot die mengsel begin donkergeelkleurig (amberkleurig) raak, voeg die neute by en meng goed.
Terwyl dit kokend is, giet dit onmiddelik in ‘n goed bespuite bakplaat of plat bak en sprei oop tot omtrent 15 mm dik.

Nota:
Pasop – wees versigtig, die mengsel is baie warm.

Wenk:
Indien daar ‘n klein bietjie oorbly, giet dit in ‘n ou ysbakkie wat bespuit is.
Laat dit koud word en breek in kleinerige lekker happie groottes.
Bêre in ‘n lugdigte houer.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page