Your Recipe Blog

PAVLOVA VERRASSING

PAVLOVA VERRASSING

Resep geplaas deur Riana du Plessis
Foto: Riana du Plessis

  • 3 sakkies Orley Whip
  • 1 blik kondensmelk
  • ½ koppie suurlemoen sap
  • ½ koevertjie gelatien, opgelos in bietjie warm water
  • 10 groot malvalekkers, gesmelt
  • 1 wit sjoklade (90 g)
  • 10 aarbeie, gesnipper
  • meringues, sommer gekooptes (skuimpies)
  • Klits Orley Whip tot lekker styf. Meng kondensmelk met suurlemoen sap, meng by Orley Whip.
  • Smelt sjokolade en malvalekkers en roer in by mengsel.
  • Snipper aarbeie en roer by.
  • Giet laaste die gelatien in en roer lekker deur.
  • Pak meringues onder in bak, skep mengsel oor en pak weer meringues bo-op en versier met aarbeie.
  • Nota:
  • Ek het sommer bietjie Peppermint Crisp bo-oor gerasper.
  • Ek is seker enige ander vrugte sal netso lekker werk en selfs room ipv Orley Whip.
  • Een sakkie Orley Whip was 125 ml, so jy het 375 ml nodig. Vandag is die bottels 250 ml, so koop 2 bottels, sodat jy nog die helfte van die tweede bottel kan bysit.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page