Your Recipe Blog

PAVLOVA VERRASSING

PAVLOVA VERRASSING

  • 3 sakkies Orley Whip
  • 1 blik kondensmelk
  • ½ koppie suurlemoen sap
  • ½ koevertjie gelatien, opgelos in bietjie warm water
  • 10 groot malvalekkers, gesmelt
  • 1 wit sjoklade (90 g)
  • 10 aarbeie, gesnipper
  • meringues, sommer gekooptes (skuimpies)

Klits Orley Whip tot lekker styf. Meng kondensmelk met suurlemoen sap, meng by Orley Whip.
Smelt sjokolade en malvalekkers en roer in by mengsel.
Snipper aarbeie en roer by.
Giet laaste die gelatien in en roer lekker deur.
Pak meringues onder in bak, skep mengsel oor en pak weer meringues bo-op en versier met aarbeie.

Nota:
Ek het sommer bietjie Peppermint Crisp bo-oor gerasper.
Ek is seker enige ander vrugte sal netso lekker werk en selfs room ipv Orley Whip.
Een sakkie Orley Whip was 125 ml, so jy het 375 ml nodig. Vandag is die bottel 250 ml, so koop 2 bottels, sodat jy nog die helfte van die tweede bottel kan bysit.

Resep geplaas deur Riana du Plessis
Foto: Riana du Plessis

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page