PATATROLKOEK MET VULSEL
Hierdie patatrol maak ‘n elegante vakansie -nagereg en dit is makliker as wat dit lyk. Een blikkie patats sal ongeveer ¾ koppie fyngemaak wees, of jy kan vars patats kook en fyndruk.
- Vir die koek:
- ¾ koppie koekmeel (3 ½ onse)
- ½ teelepel bakpoeier
- ½ teelepel koeksoda
- ¾ teelepel fyn kaneel
- ¼ teelepel neutmuskaat
- ¼ teelepel sout
- 3 groot eiers
- ¾ koppie suiker
- ¾ koppie patats, gaar en fyngedruk, afgekoel tot kamertemperatuur
- 1 teelepel vanilla geursel
Maak die koek:
Smeer en meel ‘n 15 x 10-inch rolkoekpan of spuit deeglik met spuitmiddel en meel. Verhit die oond tot 190ºC.
Lê ‘n katoen vadoek op die toonbank en besprinkel mildelik met versiersuiker.
Meng die meel, bakpoeier, koeksoda, kaneel, neutmuskaat en sout in ‘n bak; en laat eenkant staan.
Klits eiers met suiker in ‘n mengbak totdat dit dik en romerig is. Klits die fyngedrukte patats en vanilla by. Roer die meelmengsel by tot goed gemeng.
Smeer die beslag in die voorbereide pan.
Bak 11 tot 14 minute (donker panne neem minder tyd), of tot die bokant van die koek terugspring as dit liggies met ‘n vinger aangeraak word.
Maak die koek onmiddellik los van die kante van die pan en keer op die handdoek wat met versiersuiker besprinkel is uit.
Rol die koek met behulp van die vadoek op, begin met die nou kant.
Laat die gerolde koek op ‘n rak afkoel.
Rol die afgekoelde koek versigtig oop en smeer met die vulsel.
Herrol die koek en draai in kleefplastiek toe. Verkoel in die yskas totdat dit deeglik afgekoel is, ongeveer 1 tot 2 uur.
As jy gereed is om te bedien, plaas die koek op ‘n opdienbord en strooi dit met versiersuiker.
Sny die koek in skywe.
Wenk:
Hou die oorblywende koek in die yskas. Die rol vries ook goed. Draai die hele koek of individuele snye in kleefplastiek toe en sit dit dan in ‘n stewige vriessakkie. Vries tot 3 maande.
- Vulsel:
- 4 eiers
- 1 koppie suiker
- 1 koppie water
- 100 ml suurlemoensap
- sout
- 1 teelepel karamel-of vanilla geursel
- 1¼ hoogvol eetlepel Maizena, genoeg om mengsel styf genoeg te maak vir vulsel
Meng al die bestanddele saam met ‘n menger tot glad.
Kook en roer aanhoudend tot gaar.
Laat afkoel en smeer in rol.
Nota:
Dit is eintlik my pampoenkoekies se sous. Dan gebruik ek net minder Maizena om dit meer loperig te maak.
Resep geplaas deur Magda Le Roux
Foto: Magda Le Roux