Your Recipe Blog

PATATROL MET STROOP

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min.

PATATROL MET STROOP

  • 1.3 kg patats (2 grotes)
  • 400 g skilferkors deeg (puff pastry), ontvries
  • 250 ml vars room
  • 125 g suiker
  • gouestroop, na smaak

Kook patats met skil en al in die mikrogolf tot sag, trek die skil af en druk fyn, laat afkoel.
Spuit ‘n medium grootte oondskottel en verhit oond tot 180ºC.
Rol die deeg oop op sy plastiek verpakking. (Nou is dit net een vel deeg)
Pak fyn patats eweredig bo-op die deeg  Drup stroop oor patats.
Rol weer die deeg op, die patat sal dan binne wees.
Sit die rol in die vrieskas vir rukkie, laat dit weer goed koud word, dan sny dit makliker.
Sny die rol in 2 cm skywe en plaas op sykant langs mekaar in skottel.
Verhit room en suiker tot kookpunt en gooi oor die patatwiele.
Bak vir 30 min.

Nota:
Die plastiek sal dit maklik maak dat die deeg nie vas sit op oppervlakte met die ooprol nie.
Geniet!

Resep en foto: Meisie Van Der Colff

One Review

  1. marine prins

    Ek gebruik sommer altyd houertjie room en koppie bruinsuiker Gooi die roommengsel oor jou patatrolletjies en bak.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page