Your Recipe Blog

PATATKOEKIES

PATATKOEKIES

  • 4 gewone wit patats, geskil en grof gerasper
  • 2 borrie patats, geskil en grof gerasper
  • 1 klein Granny Smith appel, grof gerasper
  • 4 opgehoopte eetlepels koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 3 ml fyn kaneel
  • 15 ml suiker
  • 2 eiers, geklits
  • knippie sout
  • vlak olie vir braai

Spoel die gerasperde patats met skoon water af tot al die stysel uit is.
Sit in ‘n skoon vadoek en druk al die water uit.
Meng al die bestanddele saam en bak lepels vol baie stadig in vlak olie tot goudbruin en gaar.
Druk platter soos koekies.
Bedien soos verkies.

Resep en foto: Wilma Josey Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page