PATATKOEKIES IN KARAMELSOUS
My man dink dis heerlik.
- Koekies:
- 250 ml koekmeel, ongesif
- 25 ml suiker
- 10 ml bakpoeier
- 250 ml gaar patats, koud en fyngemaak
- 1 geklitste eier
- 50 ml melk
- olie vir braai
- Sous:
- 250 ml suiker
- 60 ml botter
- 250 ml melk
- 250 ml water
- 25 ml vlapoeier
Sif meel, suiker en bakpoeier saam.
Voeg die fyn patats, eier en melk by en meng goed.
Skep lepelsvol in matige warm olie en braai goudbruin en gaar.
Dreineer op kombuis papier
Sous:
Braai die suiker en botter in kastrol tot goudbruin.
Roer die water by en dan die melk.
Roer tot alles gesmelt is.
Maak vlapoeier met klein bietjie water aan en roer by.
Verhit tot dik en gooi oor warm koekies.
Resep en foto: Lizle Koekemoer
Delicious