PATATGEBAK
Marlene Potgieter – Ek het ook die naweek op die Patatgebak “wa” gespring en die gereg gemaak,,, mense maar is dit lekker…. Ons het dit sommer vir tert ook ge-eet die volgende dag. Ek het net donkerbruin suiker (Treacle) vir die bo laag gebruik en ook bietjie kaneel by die gaar fyn patat gevoeg,,, dit is absoluut ‘n wenner van ‘n resep…Dankie Christo…
- Beslag:
- 3 koppies gaar fyn patats
- knippie sout
- 1 eier, geklits
- ½ koppie gesmelte botter of margarien
- 1 teelepel vanilla geursel
- ½ koppie suiker
Plaas die fyn patat in ‘n mengbak en voeg die sout, eier, margarien of botter, vanilla en suiker daarby en meng goed deur. Skep die beslag in ‘n 30 x 20 cm oondvaste bak, maak die beslag gelyk in die bak en plaas eenkant.
- Bolaag:
- ½ koppie bruinsuiker
- ½ koppie koekmeel
- ½ koppie klapper
- ½ koppie botter of margarien
- amandelvlokkies, opsioneel
Meng die bestanddele vir die bolaag saam tot dit soos krummels lyk.
Strooi die krummels bo oor die patatbeslag.
Strooi die amandelvlokkies bo oor indien verkies.
Bak vir 20 – 30 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC of tot goudbruin.
Resep en 2de foto: Christo Fourie
3de foto: Martha Coetzee – Vandag Christo Fourie se ‘Patat gebak’ probeer. Proe en ruik hemels! Boonste laag bak kliphard en proe soos karamel fudge🥰😍
Foto: Marlene Potgieter – Ek het ook die naweek op die Patatgebak “wa” gespring en die gereg gemaak,,, mense maar is dit lekker…. Ons het dit sommer vir tert ook ge-eet die volgende dag…. Ek het net donkerbruin suiker (Treacle) vir die bo laag gebruik en ook bietjie kaneel by die gaar fyn patat gevoeg,,, dit is absoluut ‘n wenner van ‘n resep…