Your Recipe Blog

PATAT-SPINASIE EN SPEK TERT

PATAT-SPINASIE EN SPEK TERT

  • 4 medium of 3 groot rooi soet patats
  • 1 groot uit of 2 medium uie
  • 1 bos spinasie
  • 1 pakkie “baconbits” (die stukkies wat gekerf is nie die repe met vet nie)
  • 1 koppie plein jogurt
  • 1 eetlepel bruinsuiker
  • 2 groot eiers
  • 1 teelepel suurlemoensap
  • 1 teelepel mosterd poeier
  • 1 teelepel Maizena
  • suurlemoenpeper en olyfolie vir braai van patat

Sny patat in dun skywe en braai in bietjie olyfolie en suurlemoenpeper tot halfsag.
Dreineer en pak jou bak se onderkant en rand met die patat. Hou so paar sny vir garnering.
Kerf die spinasie in repies en plaas in ‘n bakplaat in die oond vir so 10 min teen 150 ºC sodat dit droog en krakerig bak.
Pak die krakerige spinasie nou bo-oor die patat (onderkant en kante van bak). Hou genoeg oor om die bokant te bedek.
Braai jou uie en spek met bruinsuiker tot goudbruin en skep dit as vulsel bo-oor die spinasie.
Klits eiers, jogurt, suurlemoensap, Maizena en mosterdpoeier tot romerig en giet egalig oor die spek.
Pak die boonste laag toe met die oorblywende spinasie, garneer met oorblywende patat.
Bak in oond teen 160 ºC vir so 25 min.

Nota:
Heerlik met ‘n lekker griekse slaaitjie. Indien jy nie spek wil gebruik nie, opgekerfte hoender werk net so goed.

Foto en resep deur Annelie Van Wyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page