Your Recipe Blog

PASTORIE HOENDER IN DIE PRUTPOT

Recipe by
Cook: 6 hours

PASTORIE HOENDER IN DIE PRUTPOT

  • 12 stukke hoender
  • 4 groot wortels
  • 2 koppies rou rys
  • 1 pakkie sampioen soppoeier
  • 1 blikkie tamatie en uiesmoor
  • 4 koppies hoenderaftreksel
  • sout en peper na smaak

Plaas die rys en soppoeier in die prutpot en meng.
Meng die blikkie tamatie en uiesmoor in.
Meng die 4 koppies hoenderaftreksel in.
Sny die wortels in repies en plaas op die rys.
Sit hoender bo-op en geur met sout en peper.
Plaas deksel op en skakel prutpot aan vir 6 ure op LAAG.

Nota:
Hoender borsies behoort ook te werk, die prutpot hou mos die vleis lekker sappig. Op LAAG het die rys ten minste 4 uur nodig om gaar te raak, so hou maar die borsies dop dat hulle nie droog kook nie.

Resep en foto:  Wian Swart

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page