PASTORIE HOENDER IN DIE PRUTPOT
Resep en foto: Wian Swart
- 12 stukke hoender
- 4 groot wortels
- 2 koppies rou rys
- 1 pakkie sampioen soppoeier
- 1 blikkie tamatie en uiesmoor
- 4 koppies hoenderaftreksel
- sout en peper na smaak
- Plaas die rys en soppoeier in die prutpot en meng.
- Meng die blikkie tamatie en uiesmoor in.
- Meng die 4 koppies hoenderaftreksel in.
- Sny die wortels in repies en plaas op die rys.
- Sit hoender bo-op en geur met sout en peper.
- Plaas deksel op en skakel prutpot aan vir 6 ure op LAAG.
- Nota: Hoender borsies behoort ook te werk, die prutpot hou mos die vleis lekker sappig. Op LAAG het die rys ten minste 4 uur nodig om gaar te raak, so hou maar die borsies dop dat hulle nie droog kook nie.
Category:

