Your Recipe Blog

PASTEIS DE NATA MET SKILFERKORS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 - 30 minute

PASTEIS DE NATA MET SKILFERKORS

My weergawe van Pasteis de Nata is nie so duur aan bestanddele nie. Ek maak soos volg:

  • 1 pak skilferkors/blaardeeg
  • 4 eiergele
  • ¾ koppie strooisuiker
  • 40 ml Maizena
  • 250 ml vars room
  • ¾ koppie water
  • 5 ml vanielje geursel

Ontdooi en rol die skilferkors/blaardeeg uit en pak sirkels in so 16 muffinholtes. Los in yskas tot benodig.
Op stoof op stadige hitte, meng in ‘n potjie die eiergele, strooisuiker en Maizena. Voeg daarby die houertjie room (ek het Orly Whip gebruik) en die water.
Meng en kook stadig dit tot verdik. Voeg die vanielje geursel daarby en roer deur.
Skep tert holtetjies so ½ vol met die afgekoelde pulp.
Bak nou vir 25 – 30 minute of tot mooi goudbruin by 200°C.

Resep geplaas deur Ronell Visser Gouws
Foto: Ronell Visser Gouws

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page