Your Recipe Blog

PASTA MET HOENDER EN KERSIETAMATIES

PASTA MET HOENDER EN KERSIETAMATIES

  • 350 g hoenderborsfilette, sonder die vel in blokkies gesny
  • 50 ml Italiaanse droë vermot
  • 10 ml vars gekapte roosmaryn
  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui fyn gekap
  • 90 g Italiaanse salami, in stukkies gesny
  • 275 g pastastrikkies
  • 15 ml balsamiese asyn
  • 1 x 400 g blik Italiaanse kersie tamaties
  • gedroogde rissie na smaak
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas die hoender in ‘n groot bak, skink die vermot oor en strooi die roosmaryn oor.
Geur met sout en peper na smaak. Roer goed deur en hou eenkant.
Verhit die olie in ‘n groot braaipan of kastrol en roerbraai die ui en salami oor matige hitte vir omtrent 5 minute.
Kook die pasta volgens die instruksies op die verpakking.
Voeg die hoender en vermot by die ui en salami, verhoog die hitte en braai 3 minute, of tot die hoenderstukkies oraloor wit geword het. Sprinkel die asyn oor.
Voeg die kersie tamaties en rissies by, roer goed en prut ‘n paar minute.
Proe die sous en geur na smaak indien nodig.
Dreineer die paste en voeg by die hoendermengsel. Roer deur en bedien.

Foto: Elna Erasmus

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page